The following text field will produce suggestions that follow it as you type.

Blomme vir Hermien
Blomme vir Hermien

Blomme vir Hermien

Current price: $12.99
Loading Inventory...
Get it at Barnes and Noble

Size: OS

Get it at Barnes and Noble
Hermien slaan op vlug van haar stiefpa wat haar vir jare lank al mishandel en beland op ʼn wynplaas in die Kaapse Wynland waar sy aangestel word om die gastehuis te bestuur. Tot haar ergernis vind sy uit dat die eienaar, Thinus, ʼn baie eng uitkyk op die lewe het en boonop baie streng is. Stelselmatig raak sy sy persoonlikheid gewoond. Kort voor lank is dit juis sy streng reëls wat haar beskut laat voel, en die vrees dat haar stiefpa haar gaan opspoor, verdryf. George (Thinus se gewese vriend) verskyn op die toneel en skenk vanuit die staanspoor besonder baie aandag aan haar - ten spyte daarvan dat hy die plaas belet is. George gooi haar toe onder sy sjarme, maar dit is Thinus wat haar hart telkens op galop laat gaan en vlinders in haar maag laat kielie. Thinus is in ʼn stryd van sy eie gewikkel. Onopgeloste sake van die verlede het skeiding tussen hom en sy familie en vriende gebring. Almal het hom verstoot en hy voel geheel en al verloën deur dié mense wat veronderstel was om hom tydens die krisis te ondersteun en by te staan. Daardie geweldige teleurstelling verhoed dat hy weer sy hart vir liefde kan oopmaak, selfs al begin hy gevoelens vir Hermien ontwikkel. Gaan hy aanhou toelaat dat die verlede sy toekoms dikteer? Gaan hy maar net terugstaan dat George haar onder sy neus wegraap - net soos destyds die geval was met Sylvia? Sy verlede is immers niks om op te roem nie, buitendien glo niemand in sy onskuld nie. Sy familie, vriende en die gemeenskap het hom reeds veroordeel en gebrandmerk, hoe kan hy enigsins verwag dat Hermien hom sal glo ... of hoop dat sy hom lief kan hê?
Powered by Adeptmind